Rooksein – Vertrou Lyrics

Rooksein – Vertrou Lyrics

Hierdie is verwant aan my en jou verband
In ons liefdestaal sou ek jou kom haal
Ek het aanhou klou want ek was mal oor jou
Maar jy het my aan, aan ‘n lyn gehou

Weet jy dan net hoe ekke oor jou voel
Ek het vas geglo ons twee is bedoel
Ekke weet nie mooi wat het jou omkant gegooi
Nou staan my en jou verhouding in die rooi

Hoekom vra ek as ek klaar weet
Ek was met een om weer te vergeet
Ek staan hier eenkant en wag vir jou
Ek het jou vertrou ek het jou vertrou
Vertrou
Vertrou

Aan die anderkant het ek jou gesien
En met eens geweet dat ek jou verdien
Ek het opgestaan en weer omgedraai
En met alles in my, my hart na jou geswaai

Aan die anderkant was ek vasgevang in ‘n wentelbaan
Wat na jou verlang
Ek is moeg gesmeek maar ek wil net weet is ek die een
Wat jy sal vergeet